DIE WAARDE EN PRAKTYK VAN LEWENSAFRIGTING

Lewensafrigting

  • `n Lewensafrigter is `n persoon wat die kliënt bystaan:
    • Om hom of haarself te ontwikkel om die persoon te word wie elkeen inherent glo hulle kan wees.
    • Om dit te doen waarin elkeen glo
    • Om `n gelukkiger en oorvloediger lewe te lei (Joh. 10:10)
    • Met die bereiking van doelwitte wat self gekies en gestel is en wat `n persoon meer vervuld sal laat lewe.
  • Afrigting is ‘n vennootskap wat jou help om te beweeg van waar jy in die lewe is of vasgeval het, tot waar jy wil wees.
  • Dit is ‘n proses wat jou help om vinniger te groei en hindernisse en uitdagings, wat jou verhinder om jou volle potensiaal te bereik, te oorkom.
  • `n Lewensafrigter vertolk dus `n ander rol as `n mentor, terapeut, sielkundige, psigiater, berader en ander gesondheidspraktisyns, maar werk saam met genoemde professies.

Wat is die voordele van afrigting?

    • Verhoogde motivering wat vloei vanuit die feit dat dit wat werklike innerlike verlange en begeertes is, duideliker word en dat die persoon in harmonie begin leef met sy of haar oortuigings en waardes (dit wat vir jou belangrik is in die lewe).
    • Bevrydende insigte wat help om hindernisse te oorkom en om die verlangde aanpassings en veranderinge te kan maak. Afrigting stel jou in staat om deur vals plafonne (beperkende oortuigings) te breek en aksiestappe te neem.
    • Vertroulike ondersteuning wat `n vertrouensverhouding skep en gesonde aanspreeklikheid bied.
    • Transformerende groei (Rom 12:2) wat daarop gefokus is om vorentoe te beweeg in jou lewe, werk en verhoudings. ‘n Lewensafrigter is ‘n professionele agent en fasiliteerder van verandering wat die kliënt help om sy of haar volle potensiaal as persoon en leier te groei. Die kliënt groei vinniger en verder met die bystand van `n lewensafrigter.

Is afrigting vir my?

  • Waaraan kan die kliënt saam met die afrigter werk? Byna alles. Elkeen is uniek en elkeen se omstandighede is uniek. Daarom fokus elkeen op die gebied waar hy of sy die grootste begeerte het om verbetering of verandering te sien.
  • Wat gebeur tydens ‘n afrigting afspraak? Die afrigter sal die proses lei terwyl die kliënt die agenda bepaal.
  • Afrigters gee nie die antwoorde nie. Hulle help die kliënt om self te ontdek en om aksie stappe te kry, daartoe te verbind en om tot aksie oor te gaan. Die aksiestappe is ook uniek en sal dit wees wat die kliënt sal help om op die meeste doeltreffende wyse te groei tot waar elkeen wil uiteindelik wil wees.

As jy iemand is wat die begeerte het om jou persoonlike lewe, familie, werk of verhoudings te verbeter, waarom ondersoek jy nie wat ‘n persoonlike lewensafrigter vir jou kan doen nie?